top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteiners moet vir wateronderbreking gereed maak

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 24, 2025
1 min read

Dele van Bloemfontein gaan moontlik die komende Donderdag vir tien ure sonder water wees. Luidens ‘n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit sal die geskeduleerde onderbreking in watertoevoer om 09:00 begin en tot 19:00 duur. Hierdie onderbreking sal die RESOLVE-span in staat stel om 'n kritieke klep by die Curielaan en Vereenigingrylaan-kruising te installeer. Van die gebiede wat geraak sal word, sluit in Fichardtpark, Generaal De Wet, Fleurdal, Hospitaalpark en Uitsig. Daarbenewens sal die watertoevoer na die Longridge-reservoir ook geraak word. Inwoners word aangeraai om die nodige reëlings vir alternatiewe watervoorsiening gedurende hierdie tyd te tref.

 
 
 

Comments


bottom of page