Bloemfonteiners ontvang eersdaags etlike maande se medikasie in een besoek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 12
- 1 min read
Met die bekendstelling van die 6-maandelikse uitreiking gesondheidsorgstrategie, sal stabiele Bloemfontein-pasiënte 'n voorraad medikasie vir etlike maande in 'n enkele besoek ontvang.
Dit in plaas van maandelikse hervullings.
Luidens ‘n mediaverklaring van die Vrystaatse gesondheidsdepartement sal die benadering die aantal kliniekebesoeke verminder.
Dit sal dit ook makliker maak vir pasiente om hul behandeling na te kom terwyl dit die werklas op gesondheidsfasiliteite verlig.
Die Minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sal na verwagting Donderdag by die Vrystaatse Premier asook raadslede van die Manguang Metro Munisipaliteit vir die bekendstelling aansluit.






Comments