Bloemfonteiners se hekmotors is nou ‘n bietjie veiliger
- Armando Pieters

- Sep 13
- 1 min read
Bloemfonteiners kan uiteindelik 'n sug van verligting slaak na maande van motorhekdiefstalle. FS Online berig dit kom na die inhegtenisneming van 'n 20-jarige verdagte wat vermoedelik agter 'n reeks misdade sit. Volgens die Bloemsec reaksiebeampte, Rikus Slabbert, het die verdagte gemeenskappe in gebiede soos Westdene, Dan Pienaar en Heuwelsig geterroriseer en een of twee hekmotors byna elke tweede of derde aand gesteel. Die verdagte het onthul dat hy glo deel is van 'n groter sindikaat wat met gekwalifiseerde tegnici werk en gesteelde hekmotors aan hulle verkoop. Polisiewoordvoerder, Sersant Thabo Covane, het aan aan Rosestad-nuus bevestig 'n saak van huisbraak met die doel om 'n misdaad te pleeg; met 'n bykomende aanklag van diefstal is by die Parkweg-polisiestasie geopen.





Comments