Bloemfonteiners span saam vir ‘n Guinness-wêreldrekord by Bloemskou
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 5h
- 1 min read
’n Nuwe Guinness-wêreldrekord is by die Bloemskou opgestel met die grootste skenking van troeteldierkos binne 24 uur.
Volgens inligting wat deur ‘n Dierebeskermingsverenining (DBV) gedeel is, het Petshop Science en Montego Pet Nutrition altesaam 67 200kg hondekos ingesamel.
Die skenking is van Vrydagmiddag tot Saterdagmiddag in Bloemfontein gemaak en sal aan verskeie dierewelsynsorganisasies versprei word.
Onder die begunstigdes is plaaslike skuilings, die Bloemfonteinse DBV, asook DBV-takke in onder meer Virginia en Kimberley.
Organiseerders sê die inisiatief sal help om duisende diere in nood te voed.








Comments