top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteiners teen bedrog, vervalsing gewaarsku

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 21, 2024
1 min read

Dit het onder die Mangaung Metro se aandag gekom dat lede van die publiek hul privaat inligting gebruik om buitelandse burgers te help om vir vir die spaza-winkelbedryfspermitte aansoek te doen. Dit is teen die bepalings van die Stad se verorderinge. Volgens Mangaung Metro Munisipaliteit se hoofbestuurder van kommunikasie, Qondile Khedama, word hierdie optrede in ‘n ernstige lig gesien, en sluit dit kriminele elemente soos bedrog en vervalsing in. Lede van die publiek word aangemoedig om van sulke optredes af te sien, aangesien kriminele klagtes teen skuldiges tydens die verifikasieproses gelê sal word. President Cyril Ramaphosa het 'n opdrag uitgereik wat vereis dat buitelandse burgers streng besigheidsbevoegdhede moet hê om enige vorm van besigheid te bedryf, insluitend R5 miljoen kapitaal voordat 'n besigheid in die land begin mag word.

 
 
 

Comments


bottom of page