top of page

Bloemfonteiners word aangemoedig om die ombudsman te gebruik

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Dec 3, 2025
  • 1 min read

Bloemfonteiners word aangemoedig om die ombudsman se betrokkenheidswerkswinkels te gebruik om hul diensleweringsbekommernisse uit te spreek, en te help om 'n meer responsiewe en mensgesentreerde munisipaliteit te bou.


Hierdie werkswinkels is luidens ‘n plasing op sosiale media na die aanstelling en aankondiging van die Mangaung Metro Munisipaliteit se ombudsman, Charlie Naidoo, begin.


Die eerste werkswinkel is Dinsdag by die Indaba-ouditorium in die Bram Fischer-gebou gehou.


Sessies is daarop gemik om openheid te verbeter, verantwoordbaarheid te bevorder en plaaslike bekommernisse rakende munisipale dienste aan te spreek.


Charlie Naidoo. FOTO: Facebook
Charlie Naidoo. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page