Bloemfonteiners word aangeraai om versigtig te wees vir slange

Oct 9
1 min read
Bloemfonteiners word aangeraai om versigtig te wees vir slange soos wat die temperature styg.
Dit is volgens 'n verteenwoordiger van die Bloemfonteinse Slangvangers, Stephan Fourie.
Fourie sê aan Rosestad-nuus daar tans is 'n redelike toename in slang-aktiwiteit. Hy moedig mense aan om eerder veilig as spyt te wees, en nie slange self te probeer vang of dood te maak nie.
Hy sê ongeveer 96% van mense wat aan slangbyte dood is, is omdat hulle die slange self probeer doodmaak het.
LUISTER HIER:
Stephan Fourie









Comments