top of page

Bloemfonteiners word as die Vrystaat se top-jeugatlete vereer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 24
  • 1 min read

Jong Bloemfonteiners is die naweek as 2025 se beste jeugatlete in die Vrystaat vereer.


Netwerk24 berig Jayden Parkin, van Hoërskool sentraal, en Rumé Burger van C&N Sekondere Meisieskool Oranje, het die hoogste atletiektoekenning wat ‘n Vrystaatse atleet kan ontvang, die Barkhuizen-trofee, verower.


Parkin het vanjaar sy stempel afgedruk toe hy onder andere die SA rekord in die 110m hekkies verbeter het.  


Burger het vanjaar aandag getrek met ‘n stroom rekords en internasionale keurings.


Sy het onder meer ‘n 10 jaar oue Wildeklawer-byeenkomsrekord in die 100m verpletter.


Haar beste tye word eger nie internasionaal erken nie aangesien dit in Bloemfontein gehardloop is.


Dit omdat die Bloemfontein se atletiekstadion nie deur Wêreldatletiek geakkrediteer is nie. 


Rumé Burger en Jayden Parkin. FOTO: Netwerk24
Rumé Burger en Jayden Parkin. FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page