top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteiners word gevra om voor Paastyd bloed te skenk

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens vra Bloemfonteiners om bloed te skenk in aanloop na die Paastyd, om te verseker dat daar genoegsame bloed is vir pasiënte.


Die organisasie het ’n veldtog van stapel gestuur om skenkings te verhoog.


SANBS-woordvoerder Sifiso Khoza sê die veldtog is daarop gemik om voorrade betyds aan te vul voor die besige Paastyd


Hy voeg by bloed is daagliks nodig vir onder meer ongelukslagoffers, kankerpasiënte en ma’s met komplikasies tydens geboorte.


Drie van Rosestad 100.6FM se eie, Mardi Delport, Marius de Klerk en Hugo Pieterse sal dié Saterdag by plaaslike winkelsentrums wees, met skenkingspunte by Southern Sentrum, Victorian Square sowel as Northridge en Mimosa Mall.


Die mikput is om 6000 eenhede landswyd in te samel.


Skakelpraktisyn van die SANBS in Bloemfontein, Natalie Booysen, moedig alle Bloemfonteiners om hulle moue op te rol, braaf te wees, en bloed te skenk om sodoende die SANBS te help om lewens te red.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page