top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteiners word oor gevaarlike toestande by die Modderrivier gewaarsku

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • May 2
  • 1 min read

Weens stygende watervlakke ná swaar reën word Bloemfonteiners oor gevaarlike toestande by die Modderrivier gewaarsku.


Die Mangaung Metro Munisipaliteit sê in ’n kennisgewing die risiko is veral hoog in die Modderrivier-bekken, spesifiek stroomaf van die Mockesdam in die rigting van Maselspoort.


Mense word versoek om weg te bly van die rivier en oewers totdat dit veilig verklaar word, en om nie deur water te probeer ry of loop nie.


Volgens die munisipaliteit kan watervlakke vinnig en sonder waarskuwing styg, wat die risiko van oorstromings en verdrinking verhoog.


Besittings en vee naby die rivier moet betyds verwyder word. Intussen monitaor nooddienste die situasie.


Modderrivier. FOTO: Bloemnuus
Modderrivier. FOTO: Bloemnuus

 
 
 

Comments


bottom of page