top of page

Bloemfonteiners word teen die oorloop van die Maselspoortdam gewaarsku

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Apr 5
  • 1 min read

Bloemfonteiners, veral die rondom Maselspoort, word gewaarsku weens oormatige stroomop invloei en landbou-afloop die Maselspoortdam kritieke kapisiteitsvlakke bereik het - wat tot die oorloop van die dam kan lei. Oorde en instansies wat stroom-af van die dam aan die Modderrivier geleë is, sowel as woongebiede aangrensend die rivier, word versoek om onmiddellik op te tree. Die Mangaung Metro Munisipaliteit se woordvoerder, Qondile Khedama, sê in ‘n kennisgewing inwoners moet hul waardevolle besittings asook onder andere meubels en toerusting na hoër grond skuif. Eiendom moet veilig vasgemaak word en inwoners moet vir potensiële oorstromings voorberei. Wattervlakke en die tempo van die vloei moet deurlopend gemonitor word. Khedama voeg by inwoners moet nie na of deur oorstroomde gebiede reis nie, en kinders en troeteldiere moet van oorstroomde gebiede en vinnig bewegende water weg gehou word.

 
 
 

Comments


bottom of page