Bloemfonteinse kinders leer speel-speel
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 23, 2024
- 1 min read
Die Streeksspeelfees vir Vroeë Kinderontwikkeling (VKO)-sentrums, vind vandag by Laerskool Thebelopele in Bloemfontein plaas. Die fees word deur die Vrystaatse departement van onderwys in samewerking met Takalani Sesami aangebied. Central News berig volgens die departement se woordvoerder, Howard Ndaba, word die belangrikheid van vroeë opvoedkundige intervensies deur die fees beklemtoon. VKO lê die grondstene van kognitiewe, emosionele en sosiale groei by kinders, en in erkenning hiervan is die departement daartoe verbind om VKO-inisiatiewe te versterk. Die departement voeg by dat speel nie net 'n ontspanningsaktiwiteit is nie; maar dat dit 'n noodsaaklike opvoedkundige hulpmiddel is wat kinders help om fisiese koördinasie, emosionele volwassenheid en sosiale vaardighede aan te leer. Dit help kinders ook om met hul maats te kommunikeer en die selfvertroue te ontwikkel om nuwe ervarings te probeer en nuwe omgewings te verken.







Comments