top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteinse 'makelaar' in hof oor bedrog

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 13, 2024
1 min read

Die Bloemfonteinse beleggingskema-beskuldigde, Christiaan Venter, het glo ‘n belegger uit meer as R800 000 bedrieg en sal weer in 2025 in die hof verskyn. Hy is, na hy lank die owerhede ontduik het, in hegtenis geneem en het reeds op aanklagte van bedrog in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Luidens ‘n mediaverklaring van die Valke het Venter hom glo as ‘n makelaar aan die klaer voorgestel, en hom met valse beloftes oorreed om geld te belê. In plaas daarvan om die beloofde dividende uit te betaal het hy aan die klaer gesê dat glo hy die geld op die aandele beurs verloor het. Venter is op borgtog van R10 000 vrygelaat.

 
 
 

Comments


bottom of page