Bloemfonteinse mensehandelsaak weens vervoerprobleem uitgestel
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 9, 2025
- 1 min read
Weens ‘n logistieke vervoerprobleem is die verhoor van vier Bloemfonteiners wat van mensehandel aangekla word in die landdroshof in die stad uitgestel.
Volgens Netwerk24 kon die vroulike beskuldigde nie Dinsdag betyds vanaf Kimberley na Bloemfontein gebring word nie, en dus is die verhoor tot Maandag uitgestel.
Sy staan saam met drie mans tereg op aanklagte wat met mensehandel verband hou. Twee van haar medebeskuldigdes het reeds borgtog gekry, maar haar aansoek is van die hand gewys omdat sy hangende sake teen haar het.
Die beskuldigdes staan almal ook tereg op aanklagte van verkragting en poging tot moord nadat hulle na bewering ‘n vrou in Julie 2022 ontvoer het en onder andere herhaaldelik verkrag het. Sy kon deur die badkamervenster ontsnap.






Comments