top of page

Bloemfonteinse navorsers lei ’n klimaatstudie op die suidelike halfrond

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jan 22
  • 1 min read

’n Bloemfontein navorser aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), Dr. Liezel Rudolph, werk saam met ’n Franse navorsingspan om die streek se klimaatsgeskiedenis beter te verstaan. Die span bestudeer die gletser- en vulkaniese geskiedenis van die Prins Edward-eilande wat deel is van Suid-Afrika en die Kerguelen-argipel wat onder Frankryk val. Hierdie navorsing dra by tot die verbetering van klimaatsmodelle en maak voorspellings oor klimaatsverandering op die Suidelike Halfrond meer akkuraat. Drie Geografie-studente van die UV het onlangs aan navorsing in die Vrystaat deelgeneem. Hulle het waardevolle insigte opgedoen en eerstehandse veldwerk-ervaring verkry. Die navorsingspan bied op 5 Februarie 2025 ’n aanlyn simposium aan om hul vordering en bevindings oor klimaatsverandering in die Suidelike Halfrond te deel.

 
 
 

Comments


bottom of page