top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteinse roof-verdagtes is aangekeer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 21, 2025
  • 1 min read

Die polisie in die Vrystaat het vier verdagtes vir sakeroof en die besit van vermoedelik gesteelde eiendom in hegtenis geneem. Dit volg nadat hulle glo by ‘n plaaslike winkel in Caleb Motshabi, Bloemfontein, ingebreek en gasbottels gesteel het. Luidens ‘n mediaverklaring het die Parkweg Taktiese Reaksiespan inligting oor die verdagtes se ligging ontvang, waar hulle in die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie betrap is. Verdere ondersoek het die span na twee bykomende wonings gelei, waar polisielede gasbottels en ander items, wat na bewering van die winkel gesteel is, op beslag gelê het . Die verdagtes sal na verwagting vandag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page