top of page

Bloemfonteinse sielkundiges stel nog 'n kinderboek vry

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 17
  • 1 min read

Twee Bloemfonteinse sielkundiges het hul nuutste boek in 'n reeks oor boeliegedrag vir kinders bekend gestel.


Volksblad berig Jaco van der Merwe en Esté Pistorius se Mentanimals-reeks is in Afrikaans ook beskikbaar onder die hoofkarakters se name, Bacon en Banger.


Die ander boeke in die reeks handel oor ’n krimpvarkie wat met angstigheid sukkel en hasies wat hiperaktief is.


Pistorius sê dit is belangrik dat kinders weet presies wat die woord boelie beteken en hoe om dit te hanteer as dit met hulle of iemand anders gebeur. Volgens Van der Merwe is die ideaal dat onderwysers die storie daagliks vir leerlinge voorlees sodat die konsepte by hulle vasgelê kan word.


Esté Pistorius en Jaco van der Merwe. FOTO: Netwerk24
Esté Pistorius en Jaco van der Merwe. FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page