top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteinse skermers presteer by die Vrystaat Ope Skerm Kampioenskap

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 4 hours ago
  • 1 min read

Meer as 140 skermers van regoor Suid-Afrika het die naweek in Bloemfontein aan die Vrystaat Ope Skermkampioenskap deelgeneem.


Die kampioenskap, wat deur die Vrystaat Amateur Skermklub aangebied is, was ook ’n nasionale kwalifiseringsbyeenkoms.


Die plaaslike skermers het goed presteer. Belinda Rossouw het silwer in die Veterane-Dames Degen-afdeling verower, terwyl Jürgen Schröder silwer in die Veterane Mans Degen-afdeling behaal het, asook Veterane Goud in die Floret en Sabel-afdelings.


Berne Beukes het twee bronsmedaljes verower – in die Senior-Dames Sabel- en Senior Dames Floret-afdelings.


Schröder en Rossouw is ook twee van slegs nege Suid-Afrikaanse skermers wat in Oktober aan die Worlds Veteran-Kampioenskappe in Georgia gaan deelneem.


Die klub sê hy is trots op sy skermers se prestasies en het die afrigter, beoordelaars en ander ondersteuners vir hul bydrae tot die kampioenskappe bedank.


Belinda Rossouw en Jürgen Schröder. FOTO: Verskaf
Belinda Rossouw en Jürgen Schröder. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page