‘n Mangaung-inwoner sê Ramaphosa wil stemme met t-hemde koop

6 minutes ago
1 min read
'n Inwoner van Batho in die Mangaung-metro het president Cyril Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy mense met T-hemde probeer koop.
Ramaphosa het Saterdag saam met ander lede van die ANC in die Vrystaat met inwoners in Mangaung gepraat as deel van die party se veldtog met die tema “Herstel plaaslike regering en transformeer die ekonomie”.
Die veldtog het ten doel om plaaslike regering sentraal in die ANC se hernuwingsagenda te plaas.
Die inwoner, Nkululeko Mvubu, het aan Netwerk24 gesê Ramaphosa wil hul stemme hê, tesame met die munisipaliteite wat hy verloor het.
Ramaphosa was sowat twee weke gelede ook in Mangaung en het onder meer Botshabelo en Hillside View besoek.









Comments