top of page

Bloemfonteinse skool berei voor om afskeid te neem

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 28
  • 1 min read

Dr. CF Visser Primêre Skool in Bloemfontein berei voor om van oorlede leerlinge afskeid te neem. Rosestad-nuus het vroeër berig dat ’n motorongeluk op die N8 by die Aljo’s Spar se verkeerslig Vrydag die lewens van drie kinders geëis het, terwyl ’n vierde, ná ’n operasie, steeds in ’n koma is. LEES MEER: ’n Bloemfonteinse skoolleerling is nog in ’n koma na die ongeluk Die skool se roudiens begin Dinsdag, 28 Januarie om 11:00 om afskeid te neem van die boeties Ryan en Ayeden Smit, saam met hul niggie Leané Papendorp. Terwyl die gemeenskap bid dat Tennique Joubert uit haar koma herstel, is die oorlede kinders se begrafnisdiens geskeduleer om by die Klipkerk op Saterdag, 1 Februarie, om 11:00 plaas te vind.  

 
 
 

Comments


bottom of page