top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteinse spaza-winkels verkoop steeds onwettige goedere

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 24, 2024
  • 1 min read

Daar is steeds spaza-winkels in Bloemfontein wat onwettige goedere verkoop. Dit het, volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit, tydens ‘n omgewingsgesondheid- en veiligheidsoperasie rondom die Bloemfonteinse sakekern aan die lig gekom. Amptenare van die Metro het onder leiding van die LUR vir Openbare Veiligheid, Bongi Tsoleli, op verskeie  produkte beslag gelê, insluitend onwettige sigarette, medisyne en oopgemaakte vleispakkies sowel as oopgemaakte pakke doeke. Tsoleli sê die operasie volg op die Cogte Minister se aankondiging van verlede week dat registrasieperiode vir spaza-winkels verleng is.

 
 
 

Comments


bottom of page