top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemfonteinse vermeende verkragter en moordenaar agter tralies

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 25, 2025
  • 1 min read

‘n Vermeende Bloemfonteinse verkragter en moordenaar is deur die Botshabelo-taakspan in hegtenis geneem. Luidens ‘n mediaverklaring volg die inhegtenisname na die verdagte glo ‘n 30-jarige vrou herhaaldelik vir dae lank by Section E, in Botchabelo – Bloemfontein, verkrag het. Rosestad-nuus het vroeër berig dat hy glo ook ‘n 34-jarige vrou vermoor het wat sy woning probeer verlaat het naday hy glo vir die twee slagoffers wyn gegee het. Die verdagte sal eersdaags in die Botshabelo-landdroshof op aanklagte van verkragting en moord verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page