top of page

Bloemfonteinse vulstasie les Possies se dors

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 31
  • 1 min read

‘n Plaaslike vulstasie by Preller Square in Bloemfontein het water by Willem Postma Primêre Skool gaan aflaai. Dit ná die skool Vrydag, van vroegoggend af, nie water gehad het nie. Skoolhoof Sakkie Matthee sê aan Rosestad-nuus die noorde van Bloemfontein gaan gebuk onder kragonderbrekings en 'n watertekort. Volgens hom het dit net een oproep na die vulstasie se bestuurder, Jan Reyneke, gekos om seker te maak dat al die Possies water het om te drink. Reyneke sê hulle het nog altyd ‘n goeie verhouding met die skool gehad, en dit is vir hulle ‘n groot plesier om te kon help. Die vulstasie het ook botteltjies water vir die Possies se pretstap Saterdag geborg.

 
 
 

Comments


bottom of page