Bloemskou 2026 se beplanning vorder flink
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 3
- 1 min read
Beplanning vir die 2026 Bloemskou is reeds volstoom aan die gang.
Die skou se hoof-uitvoerende beampte, Elmarie Prinsloo, sê die skou vind volgende jaar van 23 April tot 2 Mei plaas.
Dit onder die vrolike en opwinde Beach Party-tema wat beloof om ‘n somerpartytjie atmosfeer na Bloemfontein te bring.
Vanjaar se skou het byna 6 000 vee-inskrywings in die landbou-afdeling en meer as 100 000 besoekers gehad.
Volgende jaar se skou toon reeds groot belangstelling met landboukampioenskappe wat vol bespreek is.
Ook is uitstallings 80% vol met kosstalletjies sowel as die leerprodukte, juweliersware en speelgoed-katerogrieë wat vol bespreek is.
Prinsloo herinner Bloemfonteiners ook dat daar twee vakansiedae tydens die Bloemskou is, wat dit die ideale tyd maak vir ‘n wegbreek saam met die familie en vriende.






Comments