Bloemskou 2027 beloof groot 'sports'

Beplanning vir die 144ste Bloemskou is reeds volstoom aan die gang.
Die skou vind plaas van 22 April tot 1 Mei 2027, met tema “Sports”. Dit beloof om ’n fokus op alle aspekte van sport en balle in die uitstallings te bring.
In 'n mediaverklaring sê die hoof uitvoerende beampte, Elmarie Prinsloo, ná die groot teleurstelling van geen beeste en kleinvee tydens vanjaar se skou as gevolg van kek-en-klouseer nie, sien genootskappe, telers en boere uit na die terugkeer in 2027.
Uitstallers word aangemoedig om vroegtydig aansoek te doen, veral vir tegnologie-, buitelug-, huisware-, meubels-, klere- en leefstylprodukte. Aansoeke vir die gewilde “Gift Shop”, waar Bloemskou namens uitstallers verkoop, open ook op 1 November.
Soos altyd kan besoekers uitsien na twee openbare vakansiedae tydens die Bloemskou – Dinsdag, 27 April (Vryheidsdag) en Saterdag, 1 Mei (Werkersdag). Maandag 26 April sal ook ‘n skole vakansiedag wees – wat dit die ideale tyd maak vir ’n wegbreek saam met familie en vriende.








Comments