Bloemskou gee terug met kinderpret
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 22
- 1 min read
’n Groep Bloemfonteinse kinders kry Woensdag die kans om net kind te wees — danksy ’n spesiale liefdadigheidsprojek by Bloemskou.
Sowat 500 kinders van verskeie kinderhuise en organisasies word Woensdagmiddag gratis op die pretparkritte bederf as deel van die “Joy for Charity”-inisiatief.
Die projek is ’n samewerking tussen Bloemskou en Fun Carnivals, met die doel om ook minderbevoorregte kinders deel te maak van die feespret.
Volgens die hoof uitvoerende beampte van Bloemskou, Elmarie Prinsloo, gaan dit daaroor om iets terug te gee aan die gemeenskap en ’n glimlag op elke kind se gesig te sit.
Benewens die ritte, word die kinders ook bederf met kos en lekkernye — alles om die dag ekstra spesiaal te maak.
Bloemskou skop Donderdag amptelik af en beloof ’n fees van pret vir die hele gesin.








Comments