top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloemvroue ondersteun verskeie instansies met handwerk

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 11, 2025
  • 1 min read

Byna 60 vroue in Bloemfontein span hul vaardighede saam om handgemaakte artikels vir verskeie liefdadigheidsprojekte te maak. Bloemnuus berig dat die projekte, onder leiding van Iessie Steenberg, teddiebere, musse, komberse en badsakkies vir kinders, bejaardes en mense met gestremdhede insluit. Steenberg het die inisiatief in 2005 begin ná ’n gesprek oor hoe ’n mens eerder tyd as geld kan skenk. Die vroue werk volgens ’n jaarlikse plan met doelwitte en sperdatums, en hou kwartaalbyeenkomste om saam te werk. Met hul jongste projek maak hulle 160 badsakkies vir Angel Arms en het R11 000 met ’n pretstap ingesamel. Die groep ondersteun ook die 69 Komberse-projek en werk aan unieke komberse vir ’n tehuis in Welkom.

 
 
 

Comments


bottom of page