top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloom sê Mangaung se rioolaanlegte benodig gewapende sekuriteit

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
Oct 13
1 min read

Die Departement van Water en Sanitasie doen ’n beroep op gewapende sekuriteit by Mangaung se gevandaliseerde rioolaanlegte om verdere besoedeling van plaaslike riviere te voorkom.


Die adjunkminister, Jack Bloom, het die rioolaanlegte tydens ’n toesigbesoek geïnspekteer.

Bloom sê 11 van die metro se 13 afvalwaterbehandelingsaanlegte is in ’n swak of kritieke toestand. Herstelwerk ter waarde van R41,5-miljoen is by Botshabelo en Sterkwater aan die gang, en sal na verwagting vroeg volgende jaar voltooi wees.


Bloom sê die voorkoming van diefstal en vandalisme moet ’n prioriteit wees, aangesien duur opgraderings oornag vernietig kan word.


LUISTER HIER:


Jack Bloom


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page