top of page

‘Blou olifante’ staan glo ongebruik buite Bloemfontein

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Sep 30
  • 1 min read

‘n Paar van die Afro4000-lokomotiewe wat ‘n dekade gelede onder groot omstredenheid, en ten duurste, uit Spanje ingevoer is, staan glo ongebruik op ‘n rangeerwerf buite Bloemfontein.


Netwerk24 berig volgens ingeligtes word die ligblou lokomotiewe af en toe aangeskakel en op en af gery, maar hulle verlaat glo nooit die rangeerwerf nie.


Die passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prassa) het altesaam 13 van die lokomotiewwe ingevoer, voor die bom gebars het dat die masjiene te hoog vir plaaslike gebruik is.


Die totale bedrag van die transaksie was R2.3 miljard, sewe van die lokomotiewe met 'n waarde van R1 miljard is vir R65 miljoen verkoop.


‘n Prasa-woordvoerder het aan Netwerk24 gesê sy sal weldra antwoorde op navrae verskaf.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page