top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Blouligbendes steek weer kop uit

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 29, 2025
1 min read

Verskeie Suid-Afrikaanse motoriste het onlangs weer die slagoffers geword van die sogenaamde blouligbendes wat hulle as polisiebeamptes voordoen en niksvermoedende bestuurders stop en beroof. Business Tech berig alhoewel daar gevalle is van hierdie bendes wat in verskeie provinsies bedrywig is, is daar 'n merkbare styging in voorvalle regoor Gauteng. Volgens die polisie is daar verlede week vyf verdagtes in hegtenis geneem terwyl Rosestad-nuus vroeër berig het oor verdagtes wat op die N3-hoofweg tussen die Vrystaatste dorp Villiers en die De-hoek-tolhek in hegtenis geneem is. Volgens Free State World word die verdagtes met meer as 30 kapings op die N3-hoofweg verbind.

 
 
 

Comments


bottom of page