top of page

‘Blouligrowers’ is in ‘n skietery oorlede

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Dec 15, 2025
  • 1 min read

Vermeende blouligrowers is tydens ‘n skietery met die polisie in die Vrystaat oorlede.


Arrive Alive berig ‘n span wat uit verskeie polisie-eenhede bestaan het 'n voertuig met blou ligte op die R59-pad in die Parys-omgewing gesien en hul probeer stop.


Die verdagtes het glo wegjaag.


Soos berig het die verdagtes beheer oor hul voertuig verloor en teen ‘n heining gebots.


Die liggaame van twee verdagtes - geklee in polisie-uniforms - is in die motor gevind.


Daar is ook twee ongelisensieerde vuurwapens met ammunisie, polisie-uniforms met kentekens, blou ligte, sirenes en vervalsde nommerplate teruggevind.


Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die verdagtes betrokke was by bloulig-rooftogte wat op die R59 en ander paaie tussen die Vrystaat en Gauteng plaasgevind het.


FOTO: Arrive Alive
FOTO: Arrive Alive

Comments


bottom of page