BLSA verwelkom aankondiging van hulp aan maatskappye wat deur Trump se tariefverhogings geaffekteer is
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 4, 2025
- 1 min read
Business Leadership South Africa (BLSA) sê Suid-Afrika moet die gevolge van die handelskrisis met Amerika bestuur.
Amerika het verlede week verhogings in invoertariewe op Suid-Afrikaanse goedere geïmplementeer. Die verhoging in tariewe sal na verwagting die sektore van die ekonomie wat op handel met die VSA fokus, benadeel.
BLSA het president Cyril Ramaphosa se aankondiging verwelkom dat maatreëls geïmplementeer sal word om geaffekteerde maatskappye te help.
Die organisasie sê hierdie maatreëls moet vinnig ingestel word om die ineenstorting van vervaardigings- en boerderyondernemings te vermy.






Comments