Boer kry borg na hy glo ou kos herverpak en versprei
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 6, 2025
- 1 min read
’n Boer van Secunda wat beskuldig word dat hy glo ou kos herverpak en aan kleinhandelaars verskaf, se saak is uitgestel. Netwerk24 berig dat die 30-jarige boer, Pieter Johannes Grobler, glo ou kos uit verskeie winkels versamel met die beweerde doel om dit aan sy diere te voer. Toe die owerhede die plaas besoek het, was hulle geskok toe hulle twee pakhuise vol kos, wat nie vir menslike verbruik geskik is nie, gevind het. Vier koelkamers is gevind, vol ou kos soos vleis, hoender, suiwelprodukte en kaas. Daar is ook sewe vrieskaste, herverpakte graanprodukte en toerusting vir vakuumverpakking en prysetikette aangetref. Volgens SowetanLive het Grobler Donderdag borg gekry van R8 000, maar moes sy paspoort en ander dokumente inhandig. Hy verskyn weer op 27 Maart 2025.







Comments