top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Boerboeleienaars reik uit na Vrystaat-bejaardes

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 hour ago
  • 1 min read

Deelnemers aan die internasionale boerboelskou in Parys het winterwarmte na bejaardes in die Vrystaat gebring deur kos en komberse aan minderbevoorregtes te skenk.


Die Parys Gazette berig die Suid-Afrikaanse Boerboel Telersgenootskap het 'n ete aan die welsynsorganisasie Vrystaat Versorging in Aksie oorhandig, asook 50 komberse wat onder bejaardes versprei sal word.


Die skenking vorm deel van die internasionale boerboelskou wat dié naweek by die AfriDome in Parys aangebied word.


Meer as 300 boerboele van telers regoor Suid-Afrika word beoordeel, terwyl besoekers uit onder meer Europa, Amerika en Botswana ook die geleentheid bywoon.


FOTO: Parys Gazette
FOTO: Parys Gazette

 

 
 
 

Comments


bottom of page