Boerboeltelers baklei vir die afsny van sterte
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 17
- 1 min read
Die praktyk om boerboele se sterte te verwyder kom nie op mishandeling, foltering of verminking neer nie, en laat ook nie 'n hond woedend, prikkel of verskrik nie. So sê 'n boerboelteler en die ondervoorsitter van die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersvereniging, Ziyaad Issa.
Netwerk24 berig Issa vra in die hooggeregshof in Bloemfontein om die praktyk van die verwydering van boerboele se sterte wettig te verklaar, mits dit volgens ’n eenvormige standaard uitgevoer word.
Hy bring die aansoek teen onder meer die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV).
Issa het in 2023 ’n skriftelike waarskuwing van die NDBV ontvang nadat hy sy honde met “verminkte sterte” op ’n skou in Roodepoort geskou het.
Die vereniging sê in hul aansoek dat die verwydering van sterte voordelig vir die honderas is en dat dit die ras se Suid-Afrikaanse erfenis beskerm.








Comments