top of page

Boere besluit om hul eie Christelike landbou-kollege te bou

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 9
  • 1 min read

Die boeregemeenskap van Vivo in Limpopo gaan 'n 330 ha stuk grond, wat voorheen ʼn perdeplaas was, in ʼn splinternuwe Christelik-Afrikaanse Landboukollege omskep.


Die oogmerk is om Afrikaner- jong mense in hul moedertaal op te lei in landbou- en ambagsvaardighede binne ʼn Christelike waarderaamwerk.


'n Bestuurslid en opvoeder van CVO Skool Vivo, Johan Koekemoer, het aan Maroela Media verduidelik dat die kollege as ʼn uitbreiding van die skool sal dien, maar spesifiek ten doel sal hê om ʼn nuwe geslag boere op te lei.


Die CVO Skool Vivo wou sy sport- en onderrigaanbod uitbrei om leerders op die dorp te behou, terwyl plaaslike boere smag na jong werkers met beter praktiese vaardighede.


Daarom het dié gemeenskap in Januarie vanjaar eenparig besluit om 'n landbou-kollege te vestig wat aan dié behoeftes kan voldoen.


Volgens beplanning sal die sentrum in 2029 open.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page