top of page

‘Boere se vertroue in Steenhuisen is totaal geskend’

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Boere se vertroue in die minister van landbou, John Steenhuisen, is totaal geskend. Dit is volgens die president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken.


Wilken se kommentaar volg nadat Steenhuisen bevestig het dat hy hom in April nie weer beskikbaar gaan stel vir verkiesing as leier van die DA nie.


Steenhuisen het egter gesê hy sal aanhou dien as minister van landbou, met die doel om die bek-en-klouseer-uitbreking in die land te bekamp.


Wilken sê Vrystaatse boere hoop nou dat Steenhuisen al sy aandag op die siekte sal fokus, aangesien dit ’n ernstige bedreiging vir die landboubedryf in die provinsie inhou.


Francois Wilken. FOTO: Skermgreep
Francois Wilken. FOTO: Skermgreep

Comments


bottom of page