Boere skop teen ‘n ‘rybare’ Lesotho-grenspad
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 1, 2025
- 1 min read
Grensboere in die Vrystaat sê ʼn begaanbare grenspad langs die Lesotho-grens sal net geleenthede vir misdadigers skep.
Boere van onder meer Zastron, Wepener en Boesmanskop vra, volgens Maroela Media, eerder vir tegnologie en betroubare selfoonseine om die oorhand teen diewe te kry.
Daar word ook gevrees dat sindikate en veediewe met dié pad gesteelde vee vinniger oor die grens kan smokkel, wat die risiko vir plaasgemeenskappe verhoog.
Vrystaat Landbou bevestig dat ʼn vergadering met die minister van kommunikasie op die agenda is om alternatiewe selfoonsein te bespreek.
Tans verhoed reëlings dat selfoonseine oor die grens opgevang kan word, wat groot dele van die grens sonder opvangs en boere magteloos tydens noodsituasies laat.







Comments