top of page

Boere word gewaarsku oor moontlike dam-oorstromings

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 19
  • 1 min read

Die riviervlakke kan in die komende week styg nadat agt sluise van die Vaaldam ná swaar reën in die dam se opvangsgebied oopgemaak is.


Netwerk24 berig boere langs die Vaal- en Oranjerivier moet dus paraat wees aangesien infrastruktuur in laerliggende gebiede binne die vloedvlakte geraak kan word.


Woordvoerder van die departement van water en sanitasie (DWS), Amogelang Moholeng, versoek gemeenskappe in die Vaaldriehoek, Parys en ander laerliggende gebiede naby die rivier om waaksaam vir stygende water te wees. Inwoners word ook versoek om waardevolle toerusting, beweegbare infrastruktuur en vee te verskuif.


Moholeng sê die sluise is in ooreenstemming met veiligheidsregulasies oopgemaak vir beheerde wateruitlate wanneer die damvlakke vinnig styg. Hy voeg by die DWS sal die invloei en watervlakke by die Vaal- en Bloemhofdam fyn dophou.


Agt sluise is by die Vaaldam oopgemaak. FOTO: Netwerk24
Agt sluise is by die Vaaldam oopgemaak. FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page