top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Boervrou behaal rekordprys vir veldbokke in Bloemfontein

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 11, 2025
1 min read

’n Karoo-boervrou het die hoogste prys op die nasionale veiling vir inheemse veldbokke in Bloemfontein behaal. Netwerk24 berig dat sy dié prestasie met haar dragtige Kaapse hangoor-bokooi en haar drieling-ooilammers behaal het. Die Karoo-boervrou van die Klawervlei-inheemse veldbokstoetery by Richmond, Ronel Retief, het R130 000 vir haar bokfamilie gekry. Retief glo sy het die hoë bod vir haar ooi en lammers ontvang omdat dit ’n goeie eenheid is om mee te boer. Kopers soek glo diere waarmee hulle vinnig kan teel, en die dragtige ooi met haar drie ooilammers, wat binnekort self met meerlinge kan teel, is ’n baie aantreklike kopie. Dit is glo ook ’n winsgewende ras om mee te boer, want hulle lam maklik, het goeie moedereienskappe en sukkel nie met parasiete nie.

 
 
 

Comments


bottom of page