BOKS: Bokser beboet nadat hy teenstander met eier klap
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Mar 12, 2025
- 1 min read
Die Britse bokser Chris Eubank Jr. is ’n boete van £100 000 opgelê toe hy in ’n media-konferensie sy teenstander Conor Benn met ’n eier geklap het. Die voorval het plaasgevind toe Eubank en Benn in die tradisionele “aangluur-sessie” nader gestaan het om hul geveg in April te bevorder toe Eubank ’n eier uit sy sak haal en sy landgenoot met die linkerhand op die wang klap. Benn het vinnig sy humeur verloor met sy pa Nigel wat langs hom gestaan het toe diè twee boksers deur veiligheidswagte uitmekaar gehou moes word. Benn het drie jaar gelede in 2022 positief getoets vir die middel klomifeen maar is in 2023 deur die WBR kwytgeskeld nadat sy verduideliking oor ‘n “verhoogde inname van eiers” vir diè liggaam “billik” was. Die Connor’s en Benn’s se wedywering strek al meer as 30 jaar nadat Nigel Benn en Chris Eubank Sr. mekaar ook daardie jare in die kryt ontmoet het.






Comments