top of page

BOKS: Die Olimpiese swaargewig boks-kampioen Lazizbek Mullojonov weens die gebruik van ‘n verbode middel geskors

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 31
  • 1 min read

Die Olimpiese swaargewig bokskampioen Lazizbek Mullojonov is voorlopig geskors nadat hy positief vir ’n verbode middel getoets het. Die 26-jarige vegter van Oesbekistan wat goud by die Parys Spele gewen het het vir ’n sintetiese anabolise steroïede metasteroon ’n positiewe uitslag gelewer wat help met spiergroei en ’n kragtoename. Mullojonov is op 11 Junie buite kompetisie getoets en het nou die reg om ’n B-monster te laat toets.Indien dit dieselfde uitslag die A-monster lewer sal die atleet die reg hê om sy saak dan in ’n tugverhoor te stel. Behalwe die bokser se goue Olimpiese medalje het hy ook die Wêreld-amateurtitel in 2023 en super swaargewig-titel op die Asiese amateur-kampioenskasptoernooi in 2022 ingepalm.

 
 
 

Comments


bottom of page