top of page

BOKS: Eubank en Benn gereed vir herontmoeting in kryt

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 1, 2025
  • 1 min read

Chris Eubank en Conor Benn sal mekaar weer op 20 September in ‘n herontmoeting pak ná Eubank se punte-oorwinning vroeër vanjaar. In hul eerste skermutseling by die Tottenham Hotspur-stadion het Eubank met ‘n eenparige besluit laat wen wat Benn die eerste verlies van sy professionele loopbaan besorg het. Terwyl Spurs die gekontrakteerde lokaal bl  het die promotor Eddie Hearn Wembley-stadion as ‘n potensiële opsie voorgestel. Diè geveg kom byna 35 jaar nadat hul beroemde pa's se wedywering in die kryt begin het.

 
 
 

Comments


bottom of page