BOKS: Fillippynse legende Manny Pacquiao klim weer terug in kryt vir titelgeveg
- Armando Pieters

- May 22
- 1 min read
Die Filippynse legende en ‘n voormalige senator Manny Pacquiao het sy uittrede onderbreek om weer deur die toue te klim vir die Wêreldboksraad se weltergewig-kampioenskap op 19 Julie in Las Vegas. Diè 46-jarige is die enigste bokser wat wêreldkampioenskappe in agt afsonderlike gewigsklaste gewen het en was ook die oudste weltergewig-kampioen toe hy op 40-jarige ouderdom diè titel ingepalm het in 2019. “Pacman” soos hy in die kryt bekend gestaan het sal die 30-jarige Mario Barrios in die MGM Grand aandurf en het op sy Instagram-blad geskryf het dat hulle geskiedenis gaan maak.





Comments