BOKS: Russiese swaargewig-kampioen in boeie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 20, 2024
- 1 min read
Die swaargewig bokskampioen Oleksandr Usyk is Dinsdag op ’n lughawe in Pole in hegtenis geneem nadat die Rus en ’n vriend eerskomende Saterdag na Engeland wou gevlieg het om die geveg tussen Anthony Joshua en Daniel Dubois by te woon. Usyk wat die voorval as ‘n “misverstand” afgemaak het se vriend is weens sy ontwrigtende optrede nie deur beamptes toegelaat om aan boord te gaan nie en die tweemanskap is geboei en na ’n vertrek geneem. Daarna is gewaarsku om hulle te gedra en toe vrygelaat. Die Rus het agterna wel die Poolse polisie lof toegeswaai en gesê dat hy respek vir die owerhede het wat net hulle werk gedoen het. Diè Rus en die Brit Tyson Fury gaan op 21 Desember deur die toue klim vir hul geveg in Riaad in Saoedi-Arabië.






Comments