top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bokse met vermoedelik dagga is by die Showgate-sentrum gevind

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 15
1 min read

Twee bokse gevul met wat vermoedelik dagga is, is by die Showgate-sentrum in Bloemfontein ontdek.


Volgens 'n polisieverklaring het die klaer twee groot bokse van 'n koeriermaatskappy se afleweringsbestuurder ontvang, en 'n verdagte reuk opgemerk.


Hy het die eerste boks oopgemaak en deursigtige plastieksakke met droë blare daarin gevind, wat hy vermoed het dagga is. Hy het sy vermoede by die polisie aangemeld.


Volgens die koerierbewys is die sender onbekend en is die adres in Soweto in Johannesburg aangedui.


Kenners het die bewysstukke verwerk en vingerafdrukke vir verdere ondersoek geneem, terwyl die bokse by die maatskappy gelaat is sodat daar vasgestel kan word wie dit kom afhaal.


Toe die twee ontvangers hul pakkies kom afhaal, is hulle deur die polisie vir ondervraging ingeneem.


Monsters is geneem en sal vir ontleding gestuur word om vas te stel of die gedroogde blare in die bokse wel dagga of hennep is.


Monsters is ook by twee nabygeleë plantasies geneem, alhoewel hulle afskrifte van permitte vir hennepverwante bedrywighede kon toon.


Een van die bokse met vermoedelik dagga in. FOTO: Verskaf
Een van die bokse met vermoedelik dagga in. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page