Bome word ter viering van Erfenisdag by ‘n Bloemfonteinse skool geplant
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Sep 25
- 1 min read
Ter viering van Erfenis- en Boomplantdag is 200 bome by die Bainsvlei Gekombineerde Skool in Bloemfontein geplant.
Volgens die Vrystaatse onderwysdepartement vorm dit deel van president Cyril Ramaphosa se 10 Miljoen Bome Vlagskipprogram, waar 10 miljoen bome - waarvan meeste vrugtebome is, oor ‘n tydperk van 5 jaar geplant gaan word.
Onderwys LUR, Mamiki Maboya sê inisiatiewe soos hierdie vergroen nie net kampusse en skole nie - dit bevorder ook voedselsekerheid, omgewingsbewustheid en welstand.
Sy voeg by die bome sal vir jare vrugte dra, wat beide liggaam en gees voed, en sal ook leerders daaraan herinner dat volhoubaarheid met die plant van ‘n enkele boom begin.






Comments