Bonitas stel 600 werknemers aan om klagtes te hanteer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 15
- 1 min read
Die mediese fonds Bonitas het 600 werknemers aangestel om klagtes van sy lede te hanteer ná probleme met die oorgang na ’n nuwe administrateur.
Netwerk24 berig Bonitas, Momentum Health en die Private Health Administrators sê in ’n gesamentlike verklaring hul spanne werk verlengde ure om uitstaande sake te pak en dienslewering verder te verbeter. Daar is vroeër berig dat Bonitas-lede erg geraak is deur hierdie verandering, met operasies wat gekanselleer moes word omdat magtiging nie gekry kon word nie, siek mense wat nie hul medikasie kon kry nie en lede wat nie op die stelsel opgespoor kon word nie.
Intussen gaan die hofsaak tussen Bonitas en Medscheme voort en tussengedinge is vandeesweek aangehoor. ’n Hofdatum word afgewag vir die formele saak om aangehoor te word.
Dit was aanvanklik onduidelik of die hofsaak voortgaan omdat onlangse vrae daaroor nie beantwoord is nie. Medscheme het egter vandeesweek bevestig die litigasie gaan voort.
'n Hofaansoek is in Desember ingedien om ’n dringende interdik te kry om te keer dat sekere van Bonitas se tender-aansoeke voortgaan, hangende ’n ondersoek deur die Raad van Mediese Skemas na Bonitas se kontrakte.








Comments