top of page

Boorgatwater word gebruik om 'n Vrystaatse brand te blus

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 17
  • 1 min read

Die kantoorgebou van die departement van paaie en vervoer in Winburg in die Vrystaat het gebrand.


Na beraming is ongeveer R400 000 se skade opgedoen.


Die oorsaak van die brand is nog onbekend, alhoewel polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê die saak word ondersoek. Netwerk24 berig spekulasie is dat die gebou se kabels gesteel word, en dan word die plastiek van dié kabels afgebrand sodat net die koper oorbly.


Die dorp het ten tyde van die brand geen water gehad nie, en inwoners met boorgate moes help om die brand te blus.


Thabana sê nooddienspersoneel het 12 gassilinders uit die gebou verwyder. Geen beserings is tydens die voorval aangemeld nie.


FOTO:  Netwerk24
FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page