top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Borgtog aan broers geweier na plaasanval op bejaardes

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 30, 2025
  • 1 min read

Die beweerde plaasaanvallers van ’n bejaarde egpaar word borgtog geweier. Maroela Media berig twee verdagtes het glo ’n bejaarde egpaar, Graham en Anne Stanton, op hul plaas in die Oos-Kaap aangeval. Dit het na bewering oomblikke ná die roof en aanhouding van hul plaaswerkers op die erf gebeur. Daar word beweer die verdagtes het goedere ter waarde van nagenoeg R250 000 gesteel. Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in die Oos-Kaap, Luxolo Tyali, het polisielede en die Green Scorpions-gemeenskapsforum die verdagtes agternagesit en in hegtenis geneem. Die twee verdagtes is glo broers. Terwyl hulle borgtog op 29 Januarie 2025 geweier is, word hul volgende hofverskyning op 5 Maart verwag.

 
 
 

Comments


bottom of page